About: | ||
Huis Mostertshoek is geleë in Wolseley, in die Het Land van Waveren vallei, omring deur die pragtige Waaihoek-, Witsen- en Waterval bergreekse. Gedurende die winter het ons soms sneeu op die berge wat die prentjie voltooi. Tulbagh en Ceres is slegs ‘n klipgooi vêr van Wolseley. Die tehuis is vernoem na die Mostertshoek bergreeks. Gebou Die tehuis het 37 kamers (enkel en dubbel) en 19 woonstelle vir ouer persone. Die gebou is ook omring met ‘n pragtige tuin en grasperk. Huis Mostertshoek bied 24 uur versorging, asook verpleegdienste aan die inwoners. Ander dienste sluit in:
Wolseley vorm deel van die Route-62, die langste wynroete in die wêreld en die roete strek deur riviere, vrugteboorde en wingerde. Die Nuwekloof, Bainskloof, Du Toitskloof en Michelle bergpasse maak deel uit van hierdie asemrowende skoonheid. Wolseley is geleë op ‘n natuurlike waterskeiding wat die Berg- en Breede riviere skei met ‘n groot boerderye wat bestaan uit groente, olywe, koring, suiwel, skaap en wingerd boerdere. Net buite die dorp is die blockhouse wat dateer uit die Tweede Wêreldoorlog.
|
||
Physical address: | ||
Follow the programme on Facebook |
Accommodation | Capacity | Available |
---|---|---|
Dementia (Alzheimer's) | 0 | 0 |
Assisted Living | 18 | 0 |
Frail Care | 25 | 1 |
Independent Living | 18 | 0 |
Life Right | 0 | 0 |
Respite Care | 0 | 0 |
Day Care | 0 | 0 |