About:

Welkom by Huis Uitvlucht

Huis Uitvlucht is geleë in die pragtige plattelandse dorpie, Montagu, in die Wes-Kaap.

Ons is trots op ons goed opgeleide, gelukkige personeel, wat ‘n kwaliteit diens met deernis aan ons inwoners lewer. Die tehuis is geregistreer vir 81 ouer persone waarvan 74 % verswakte bejaardes is. Die helfte van die inwoners is Sassa pensioenarisse.Die inwoners wat verswak (groep III) is en slegs 'n Sassa inkomste het, word deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling gesubsidieer.

Huis Uitvlucht het 'n huiskomitee wat deur die inwoners verkies word. Daar word weeklikse aktiwiteite vir die inwoners aangebied.

In onafhanklike huisvestingseenhede is daar 23 inwoners. Hulle ontvang een ete per dag, asook ‘n wasgoed - en skoonmaakdiens. Ons neem graag die inwoners op uitstappies en weekliks vir inkopies. Vrydae is temadae en inwoners word bederf metverversings saam met hulle tee. Die tehuis het 'n Granny projek, waar donateurs weekliks toiletware en lekkernye aan behoeftige inwoners gee.

 Physical address:

🏠 Piet Retiefstraat, Bergsig, Montagu

Follow the programme on Facebook


Accommodation Capacity Available
Dementia (Alzheimer's) 0 0
Assisted Living 0 0
Frail Care 0 0
Independent Living 0 1
Life Right 0 0
Respite Care 0 0
Day Care 0 0