About:

Huis Johannes is n residensiële fasiliteit geleë in Beaufort–Wes in die Sentraal Karoo.

Die tehuis lewer ‘n omvattende ontwikkelingsgerigte diens aan bejaarde en gestremde persone op ‘n nie-diskriminerende wyse. Huis Johannes het ‘n toegewyde Beheerraad en opgeleide personeel. Die Tehuis werk saam met vennote en vrywilligers uit die breë gemeenskap.

Huis Johannes is deel van die Badisa familie en juis daarom kan u verseker wees van die beste diens en goeie versorging van u geliefde.

Ons dienste is bekostigbaar, en u kan verseker wees van u familielid se veiligheid (24/7 sekuriteitsdienste). Ons gee drie gebalanseerde maaltye per dag met verversings tussen etes. Ons het ‘n mediese dokter wat 1 x keer ‘n week die tehuis besoek sodat inwoners nie by die kliniek vir lang ure hoef te wag nie.

 Physical address:

🏠 H/v Skool & HeuwelStraat, Beaufort West