About:

HERNUS KRIEL SENTRUM is ‘n behuisingsfasiliteit vir seniors wat ten volle onafhanklik kan funksioneer en wat ‘n goeie steunstelsel het – dit is kinders of familie op wie hulle kan staatmaak vir fisiese, finansiël en emosionele steun en versorging sou dit nodig wees.  

Die kamers is verskillende groottes en huisves een persoon of ‘n egpaar. Twee kamers deel ‘n badkamer en klein kombuisie. Daar is ook 4 kamers met ‘n en-suite badkamer en klein kombuisie. 

Hernus Kriel Sentrum bied geen mediese of versorgingshulp nie en ons personeel doen weinig om die inwoners te help.  

Die groter meerderheid van ons inwoners ontvang slegs ‘n SASSA-toelaag. 

Al ons inwoners is deel van PAROW SENIOR SENTRUM. 

Parow Senior Sentrum verskaf elke weeksdag etes en munisipale dienste (elektrisiteit, water, vullisverwydering en riool) aan Hernus Kriel Sentrum se inwoners. Naweke en vakansiedae sorg inwoners vir hul eie etes. 

Parow Senior Sentrum verskaf bekostigbare etes, ‘n vervoer- en wasgoeddiens aan ons lede in die gemeenskap – alles in die hoop dat ons seniors so lank as moontlik onafhanklik funksionerend op hul eie kan bly. 

Ons bied verskeie programme en uitstappies op ‘n weeklikse basis aan. Die programme voldoen aan die voorskrifte van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling by wie ons gedeeltelike befondsing kry en waarsonder ons nie alles sal kan doen en aanbied nie.

 Physical address:

🏠 62 Bedford street, Parow, Cape Town, South Africa

Follow the programme on Facebook


Accommodation Capacity Available
Frail Care 0 0
Dementia (Alzheimer's) 0 0
Assisted Living 65 0
Independent Living 0 0
Life Right 0 0
Respite Care 0 0
Day Care 0 0